Jonker digitale argief

Hierdie is ‘n skakelblad na die Willie Jonker digitale argief.

Kweekskool2

Die Jonker webblad is op inisiatief van dr Gert Duursema begin.  Dr Duursema is ’n oudstudent van prof Willie Jonker. Hy het begin om Jonker se werk te versamel. Sedert die jaar 2000 het die gedagte ontstaan om ’n digitale argief daar te stel. In 2011 het die weduwee van prof. Willie, mev Bettie Jonker, die hele argief van haar oorlede man – uitgesonderd die persoonlike korrespondensie oor die Rustenburg verklaring – aan Duursema beskikbaar gestel. Talle ander pennevrugte is in tydskrifte, koerante, argiewe, ens. – hier en in die buiteland – opgespoor. In die proses het hy ’n magdom van prof Jonker se gepubliseerde en ongepubliseerde werk versamel – sommige waarvan geheel en al onbekend is in Suid-Afrika.

Die nodige toestemming (soos toestemming van die kopiereghouers, ens.) is ontvang om hierdie skat van teologiese nadenke aanlyn beskikbaar te stel vir die publiek. Die webwerf is deel van die Kerkargief van die NG Kerk in SA se webblad en word deur die Kerkargief ontwikkel. Die blad is nog in ’n ontwikkelingsfase. Daar word gereeld nuwe items bygevoeg. Die diens is heeltemal gratis. Bydraes vir die verdere ontwikkeling sal hoog op prys gestel word en kan aan die Kerkargief van die NG Kerk in SA gestuur word.